Wednesday, May 26, 2010

StAp NoMmeR eEn . . .



Ek het hierdie ongemaklike manier om soms soos 'n weeskind te lyk as ek by die deur uitstap. Hare eenvoudig net vas gemaak in 'n bolla, Nie 'n druppel gremering aan nie en dan nog boonop dit die gamaklikste klere wat ek in my kas kon kry. Dit is gewoontlik iets in 'n natuurlike kleur wat my boude laat groter lyk as kim kardashian sin op 'n goeie dag. Ek is seker my bure het al 'n hele paar keer gedink ek is terminaal siek, pregnant of depressief tot op 'n punt waar ek enige dag my polse gaan begin sny. In 'n mate is hulle seker reg, want sekere dae voel ek moet ek myself uit hierdie wrede sprokies verhaal verlos en net voor 'n trein gaan staan. Maar ek is defnitief nie alleen nie. Almal het sulke dae. Jy ook!! Of jy dit nou vir my wil erken of nie.

So hier volg die eerste stap in my vernuwings proses. Maak seker dat as ek by die huis uitstap dat ek lyk soos iets wat 'n man sal wil bed toe neem of my klere van mylyf afruk kan ook werk.
Al beteken dit dat ek sal 'n uur of twee moet vroer opstaan. Teenminste word ek dan raakgesien op 'n goeie manier. Nie as iets wat nou net uit die swart vullis drom geklim het op 'n maandag oggend nie. En girls as jy dit nog nie weet nie. Laat ek maar nou die een wees om vir jou hierdie wonderlike stukkie nuus te breek. Maar daar is apsoluut niks in hierdie wereld wat 'n vrou laat beter voel soos sexy onderklere nie. Ja ek weet ek is singel en op die oomblik is die enigste oe wat dit sal sien. My 5 katte watin die oggende op my bed sit en wag dat mamma asseblief nou moet fokof werk toe sodat ons aan alles kan begin hang. Maar dit is die idee wat tel.


Ek wil in die oggende by die deur uitstap met 'n groot glimlag op my gesig.
" Hello world, this is me, bring it on! "

Thursday, May 13, 2010

They say if you do what you have always done, then you get what you always got


So dis tyd vir 'n nuwe ek. Liewe Heksie gaan amptelik haar besem stok ophang en bietjie by aspoestertjie gaan tips vang. Want duidelik doen sy iets reg wat ek nog nie onder die knie het nie. Vrouens kom al 'n ver pad die afgelope 100 jaar. As ek net dink aan hoe my ouma 90% van haar tyd voor die stoof potte spandeer het. Dankie tog dit is nie ek nie. Kan skaars myself sover kry om 1 keer n week 'n bord ordentlike kos voor my mond te produseer. Treurig?. Nee glad nie.

In vandag se tyd word dit van ons verwag om te ' multitask' soos 'spiderman op heroine'. So tussen my werk, gym (Om die 'added value' wat ek die afgelope 2 jaar op my heupe bymekaar geskraap het, af te skud), my vriendinne, familie en dan natuurlik die wildtuin van diere wat ek by die huis het , is daar eenvoudig net nie tyd vir kook nie. Maar ek het 'n oplossing, Woolworths !!! Hulle kos smaak in elk geval meeste van die tyd beter as my peper gegeurde suurlemoen 'rubber' hoender. Al probleem is my beursie word heelwat hierdeur benadeel. Ek is bereid om vir baie goed nee te se maar altans ek al klaar elke keer onttrekking simtome en hoë koors ontwikkel as ek verby die soet goed rak loop, sal my beursie maar net sy broek moet optrek en vasbyt.


Hierdie week het sover als behalwe 'n silver randtjie om gehad. En op die oomblik voel dit vir my is die lig aan die einde van die tonnel, 'n trein. Maar die een ding wat ek weet, is dat ek sal hier deur kom. Dis maar net soos een van die heuwels wat ek elke aand by die gym uittrap. Baie sweet en been krampe later en ons is bo..

Monday, May 10, 2010

Ongegeurde yoghurt


Die wonder van ongegeurde yoghurt.

Die winter het sopas sy eerste reen oor ons uitgenies of my eetlus het – soos ‘n swaeltjie jaarliks verhuis na die sonnige noorde – gemigreer na warmer voorkeure. Na ‘n aangename somer waar slaaie aan die orde van die dag – en soms aand ook – was (wat natuurlik baie vir die figuur beteken het), kan ek vir die afgelope 3 weke net nie genoeg kry van sop nie. Ja ja, sop is gesond en dit sal nie regtig inmeng met my streng gym roetine waarin ek myself so 3 maande terug begewe het nie, maar mens kan ook net so lank van sop leef voor jou lyf begin skreeu: “GEE MY ROOM!” En dis dan – wanneer jy een aand terwyl jy verveeld van een kanaal flip na die volgende opsoek na iets wat die moeite werd is om na te kyk – dat jy vir jouself se “THAT’S IT!” en die 2liter bak volroom roomys wat jy by Woolies gekoop het onder hande neem en nie neersit voordat sy inhoud ooreenstem met die program inhoud van die SABC nie. Get my point? So, dames, (of wie ook al luister) ek het opgekom met ‘n wonderbaarlike oplossing vir ons winter ‘cravings’ vir ietsie meer ryk, meer dekadent – sonder om die nate van jou jeans hoef te beproef tot hul uiterste. Ons almal ken die aangryplike smaak van suurroom wat in die kepe van ‘n stomende gebakte aartappel insmelt – reg. Wel, ek het nou die aand - juis toe ek heel verveeld en desperaat in die yskas rondkrap vir afleiding - ‘n houer ongegeurde yoghurt opgemerk. En toe kry ek ‘n idée – ‘n vision as’t ware – van ‘n wereld waarin jy kan wegle aan ‘n porsie ‘sonde’ en nie die ontstellende nagevolge daarvan hoef te dra aan jou heupe nie. Die perfekte vervanging vir daardie onweerstaanbare metgesel vir ‘n gebakte aartappel is niks minder nie as 'n gesonde skep of 2 van daai einste ongegeurde yoghurt! En die beste van alles – jy hoef nie skuldig te voel nie.

In the beginning..

This blog is about my Life. I am going on a mission to find true happiness within myself. Make peace with my past and focus on my future. Find out what gives me goose bumps. Who is staying and who I need to throw out with the trash. Plus I have a few extra kilograms to lose.
Bad men. I have seen the good and the bad side of this species. They have an unfortunate way of lifting us of our feet, only to throw us away a few months later. After we have just about given every small part of ourselves. The sad thing about this is that we always find a way to blame ourselves. Good Food. I definitely did not get fat on my own!! I will talk about all the good places in Cape Town to eat, have coffee, go for a picnic and go party.

Life is what you make of it. So this is my journey to me and
I hope you will find a little piece of you in my story..