
So dis tyd vir 'n nuwe ek. Liewe Heksie gaan amptelik haar besem stok ophang en bietjie by aspoestertjie gaan tips vang. Want duidelik doen sy iets reg wat ek nog nie onder die knie het nie. Vrouens kom al 'n ver pad die afgelope 100 jaar. As ek net dink aan hoe my ouma 90% van haar tyd voor die stoof potte spandeer het. Dankie tog dit is nie ek nie. Kan skaars myself sover kry om 1 keer n week 'n bord ordentlike kos voor my mond te produseer. Treurig?. Nee glad nie.
In vandag se tyd word dit van ons verwag om te ' multitask' soos 'spiderman op heroine'. So tussen my werk, gym (Om die 'added value' wat ek die afgelope 2 jaar op my heupe bymekaar geskraap het, af te skud), my vriendinne, familie en dan natuurlik die wildtuin van diere wat ek by die huis het , is daar eenvoudig net nie tyd vir kook nie. Maar ek het 'n oplossing, Woolworths !!! Hulle kos smaak in elk geval meeste van die tyd beter as my peper gegeurde suurlemoen 'rubber' hoender. Al probleem is my beursie word heelwat hierdeur benadeel. Ek is bereid om vir baie goed nee te se maar altans ek al klaar elke keer onttrekking simtome en hoƫ koors ontwikkel as ek verby die soet goed rak loop, sal my beursie maar net sy broek moet optrek en vasbyt.
Hierdie week het sover als behalwe 'n silver randtjie om gehad. En op die oomblik voel dit vir my is die lig aan die einde van die tonnel, 'n trein. Maar die een ding wat ek weet, is dat ek sal hier deur kom. Dis maar net soos een van die heuwels wat ek elke aand by die gym uittrap. Baie sweet en been krampe later en ons is bo..
0 comments:
Post a Comment