Monday, May 10, 2010

Ongegeurde yoghurt


Die wonder van ongegeurde yoghurt.

Die winter het sopas sy eerste reen oor ons uitgenies of my eetlus het – soos ‘n swaeltjie jaarliks verhuis na die sonnige noorde – gemigreer na warmer voorkeure. Na ‘n aangename somer waar slaaie aan die orde van die dag – en soms aand ook – was (wat natuurlik baie vir die figuur beteken het), kan ek vir die afgelope 3 weke net nie genoeg kry van sop nie. Ja ja, sop is gesond en dit sal nie regtig inmeng met my streng gym roetine waarin ek myself so 3 maande terug begewe het nie, maar mens kan ook net so lank van sop leef voor jou lyf begin skreeu: “GEE MY ROOM!” En dis dan – wanneer jy een aand terwyl jy verveeld van een kanaal flip na die volgende opsoek na iets wat die moeite werd is om na te kyk – dat jy vir jouself se “THAT’S IT!” en die 2liter bak volroom roomys wat jy by Woolies gekoop het onder hande neem en nie neersit voordat sy inhoud ooreenstem met die program inhoud van die SABC nie. Get my point? So, dames, (of wie ook al luister) ek het opgekom met ‘n wonderbaarlike oplossing vir ons winter ‘cravings’ vir ietsie meer ryk, meer dekadent – sonder om die nate van jou jeans hoef te beproef tot hul uiterste. Ons almal ken die aangryplike smaak van suurroom wat in die kepe van ‘n stomende gebakte aartappel insmelt – reg. Wel, ek het nou die aand - juis toe ek heel verveeld en desperaat in die yskas rondkrap vir afleiding - ‘n houer ongegeurde yoghurt opgemerk. En toe kry ek ‘n idée – ‘n vision as’t ware – van ‘n wereld waarin jy kan wegle aan ‘n porsie ‘sonde’ en nie die ontstellende nagevolge daarvan hoef te dra aan jou heupe nie. Die perfekte vervanging vir daardie onweerstaanbare metgesel vir ‘n gebakte aartappel is niks minder nie as 'n gesonde skep of 2 van daai einste ongegeurde yoghurt! En die beste van alles – jy hoef nie skuldig te voel nie.

0 comments:

Post a Comment