
Ek het hierdie ongemaklike manier om soms soos 'n weeskind te lyk as ek by die deur uitstap. Hare eenvoudig net vas gemaak in 'n bolla, Nie 'n druppel gremering aan nie en dan nog boonop dit die gamaklikste klere wat ek in my kas kon kry. Dit is gewoontlik iets in 'n natuurlike kleur wat my boude laat groter lyk as kim kardashian sin op 'n goeie dag. Ek is seker my bure het al 'n hele paar keer gedink ek is terminaal siek, pregnant of depressief tot op 'n punt waar ek enige dag my polse gaan begin sny. In 'n mate is hulle seker reg, want sekere dae voel ek moet ek myself uit hierdie wrede sprokies verhaal verlos en net voor 'n trein gaan staan. Maar ek is defnitief nie alleen nie. Almal het sulke dae. Jy ook!! Of jy dit nou vir my wil erken of nie.
So hier volg die eerste stap in my vernuwings proses. Maak seker dat as ek by die huis uitstap dat ek lyk soos iets wat 'n man sal wil bed toe neem of my klere van mylyf afruk kan ook werk.
Al beteken dit dat ek sal 'n uur of twee moet vroer opstaan. Teenminste word ek dan raakgesien op 'n goeie manier. Nie as iets wat nou net uit die swart vullis drom geklim het op 'n maandag oggend nie. En girls as jy dit nog nie weet nie. Laat ek maar nou die een wees om vir jou hierdie wonderlike stukkie nuus te breek. Maar daar is apsoluut niks in hierdie wereld wat 'n vrou laat beter voel soos sexy onderklere nie. Ja ek weet ek is singel en op die oomblik is die enigste oe wat dit sal sien. My 5 katte watin die oggende op my bed sit en wag dat mamma asseblief nou moet fokof werk toe sodat ons aan alles kan begin hang. Maar dit is die idee wat tel.
Ek wil in die oggende by die deur uitstap met 'n groot glimlag op my gesig.
" Hello world, this is me, bring it on! "